Begin u eie besigheid: Vervaardig Grafstene

Grafstene is monumente wat opgerrig word in die begrafplase van Suid Afrika ter nagedagtenis van 'n geliefde. 'n grafsteen is 'n tasbare bewys dat iemand gelewe en gesterwe het. 'n grafsteen merk ook die plek waar die persoon begrawe is en is ook 'n plek waar mense bymekaar kom en waar blomme geplaas word ter nagedagtenis aan die oorledene.

Natuurlik simboliseer die grafsteen agting en liefde vir die afgestorwene. Baie mense is van mening dat hoe meer geld spandeer word aan die begrafnis en die grafsteen, hoe meer moeite sal die voorvaders doen om te verseker dat die lewende familie lede se paadjies gelyk loop. Volgens kultuur beskerm die voorvaders die agtergeblewendes.

Daar is baie verskillende soorte grafstene beskikbaar en grafstene word van verskillende materiale gemaak. Voorbeelde hiervan is graniet grafstene, marmer grafstene, sement grafstene, en dies meer. Sement grafstene is die oudste tipe grafstene wat bestaan. Baie van hierdie grafstene staan nog en mense word maklik mislei deur te dink dat die grafstene marmer of graniet is, terwyl die grafstene in werklikheid gemaak is van sement!

Hierdie webblad is ontwikkel om te wys hoe pragtig en natuurlik 'n sement grafsteen kan lyk. Inteendeel die grafsteen kan enige kleurskema aanneem, alles afhanklik van die keuse van die klient. Mense begin meer en meer wegbeweeg van die outydse graniet en marmer grafstene omdat meeste grafstene daarvan gemaak is en dus dieselfde voorkoms het.

Kliente hou van die idee dat hulle 'n grafsteen kan laat maak in die spesifieke kleur waarvan hulle hou. Hierdie nuwe neiging hou baie voordele in vir die vervaardiger van grafstene aangesien sement grafstene baie minder kos om te vervaardig, pragtig lyk, duursaam is en daar 'n mark daarvoor is in die moderne tyd waarin ons leef.

Met meer as 50 miljoen mense in Suid Afrika kyk mens hier na 'n onuitputbare bron van besigheid. Weet u dat meer mense gebore word as wat doodgaan? Dit is waarom die bevolking van Suid Afrika groei al gaan daar letterlik honderde mense dood elke dag.

Vir die persoon wat sy eie grafsteen besigheid wil begin, veral met sement grafstene, is daar baie werk! Trimo Training and Consulting kan u voorsien van opleiding in die maak en bemarking van sement grafstene. Soos u kan sien op die fotos van grafstene wat geplaas is op die webwerf, kan enige tipe grafsteen vervaardig word met sement.

Natuurlik is dit nie so eenvoudig nie: Sement is nie die enigste materiaal wat gebruik word in die vervaardiging van sement grafstene nie. Natuurlik voorsien ons die grafsteen formule en die verspreiders van al die materiale wat gebruik gaan word in die grafsteen vervaardiging proses

Trimo Training and Consulting cc bied 'n grafsteen kursus aan wat 2 Dae duur. Gedurende hierdie tyd sal u leer hoe om sement grafstene te vervaardig, hoe om grafstene op te rig en om alles te kroon ontvang u ook 'n handleiding en 'n CD met die stap vir stap prosesse van grafsteen vervaardiging en oprigting. 

Die koste van die grafsteen kursus wat geskied in Randfontein is R5700.00. Die Grafsteen Kursus word in engels en afrikaans aangebied.
 
Voltooi asseblief die Aansoekvorm om u Grafsteen Kursus te bespreek.